Your Recipe Blog

KORING- OF BRUINRYSTERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 - 40 minutes | Servings: 6 - 8

KORING- OF BRUINRYSTERT

Die tert is heerlik. Maar ons bedien hom koud. Ons is op ‘n reuse eetplan en as jy hom in 8 deel is elke porsie 1 stysel, 1 protein, en 2 vet. Ek tweak hom elke keer anders.

  • 3 koppie gaar stampkoring / bruinrys
  • 4 blikkies tuna in water, gedreineer OF 400 g gaar fyn hoender Of so 3 tot 4 koppies fyngekerfde biltong
  • 1 gekapte ui, saggies gebraai met 1 teelepel knoffel
  • 1 pakkie droë soppoeier na smaak bv wit uiesop
  • 2 geklitsde eiers
  • 2 koppie melk
  • 1 koppie mayonnaise of ‘n mengsel van mayonnaise en gewone jogurt
  • 1 sakkie hoenderafteksel konsentraat
  • paar knypies rooipeper indien verkies
  • 1 koppie gerasperde Cheddar (ek gebruik minder om kilojoules te spaar)

Spuit ‘n groot tertbord met spray and cook.
Meng die eerste drie bestanddele.
Meng die res van die bestandele behalwe die kaas tot goed gemeng en meng met die rys/koringmengsel.
Giet in tertbord en sprinkel kaas oor.
Bak 35 tot 40 min by 180°C tot deurgebak.
Sit roosterelement aan vir so paar minute om kleur te kry.
Koel af en bedien met ‘n bont slaai.

Resep en foto: Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5