Your Recipe Blog

HEERLIKE OORSKIET BRAAIVLEIS ONTBYT

HEERLIKE OORSKIET BRAAIVLEIS ONTBYT

Jy kan my man in ‘n wip vang as jy roosterbrood en roereier maak vir ontbyt en jy meng stukkies oorskiet braaivleis in die eier. Vanoggend het ek iets anders probeer en dit was ‘n wenner. Ons is net 2, maar ek is seker saam met roosterbrood sal dit genoeg wees vir 4.

(Die braaivleis wat ek gebruik het was stukkies hoenderbors toegedraai in bacon, stukkies steak, stukkies lamtjop, stukkies boerewors en stukkies kaaswors. (Ek glo enige vleis sal werk.) My pan is 20 cm groot. Al is dit non-stick het ek steeds met spray en cook gespuit en so ongeveer 2 teelepels olie ingegooi.

  • 4 eiers, geklits
  • 1 koppie vleis, enige oorskiet vleis
  • ± 2 eetlepels melk
  • handvol cheddar kaas, gerasper
  • 2 teelepels olie
  • spray en cook

Sny al die vleis in klein stukkies en meng goed deur.
Voeg die helfte van die geklitste eier in die voorbereide pan. ( gespuit en geolie)
Strooi die vleis egalig bo-oor en volg met die kaas.
Meng die laaste eier met die melk en giet oor die kaas.
Plaas op die plaat, medium hitte (myne was op 3).
Plaas deksel op en bak stadig vir 10 minute.
Laat die “omelet” uitgly op ‘n groot bord.
Plaas die pan bo-op en keer rou kant weer terug in die pan.
Bak weer stadig met deksel op vir 4 minute.
Stel plaat nou op 2 en bak nog verder vir 4 minute.
Stel plaat op 1, verwyder deksel en bak nog vir 4 minute.
As die plaat te warm is gaan dit brand en nog rou wees binne.
Bak eerder bietjie langer indien nodig.

Hier is die heerlike resultaat.

Resep en foto: Alet Schoen Murray

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page