KORING- OF BRUINRYSTERT
Resep en foto: Frikkie Jones
Die tert is heerlik. Maar ons bedien hom koud. Ons is op ‘n reuse eetplan en as jy hom in 8 deel is elke porsie 1 stysel, 1 protein, en 2 vet. Ek tweak hom elke keer anders.
- 3 koppie gaar stampkoring / bruinrys
- 4 blikkies tuna in water, gedreineer OF 400 g gaar fyn hoender Of so 3 tot 4 koppies fyngekerfde biltong
- 1 gekapte ui, saggies gebraai met 1 teelepel knoffel
- 1 pakkie droë soppoeier na smaak bv wit uiesop
- 2 geklitsde eiers
- 2 koppie melk
- 1 koppie mayonnaise of ‘n mengsel van mayonnaise en gewone jogurt
- 1 sakkie hoenderafteksel konsentraat
- paar knypies rooipeper indien verkies
- 1 koppie gerasperde Cheddar (ek gebruik minder om kilojoules te spaar)
- Spuit ‘n groot tertbord met spray and cook.
- Meng die eerste drie bestanddele.
- Meng die res van die bestandele behalwe die kaas tot goed gemeng en meng met die rys/koringmengsel.
- Skep in tertbord en sprinkel kaas oor.
- Bak 35 tot 40 min by 180°C tot deurgebak.
- Sit roosterelement aan vir so paar minute om kleur te kry.
- Koel af en bedien met ‘n bont slaai.












