Your Recipe Blog

FERRERO ROCHER KOEKSTRUIF

FERRERO ROCHER KOEKSTRUIF

Resep en foto: Ilze Jacobs
Ek deel die resep vir ‘n hazelnut en Nutella Ferrero Rocher trifle wat ek op Instagram gesien het.

  • 1 groot of 2 klein sjokolade rolkoeke sonder versiersel, of ‘n groot eenlaag plein sjokolade sponskoek
  • 500 ml room
  • 2 eetlepels versiersuiker
  • 10 ml vanilla geursel
  • 400 g Nutella
  • 100 g haselneute, gerooster en fyn gemaak
  • 5 Ferrero Rocher sjokolades
  • Verdeel die koek in twee.
  • Verkrummel die een helfte grof in ‘n 25 cm deursnee koekstruif bak.
  • Klits die room, versiersuiker, vanilla en 4 eetlepels Nutella saam totdat die room dik is.
  • Verhit die res van die Nutella in die mikrogolf vir 30 sekondes en drizzle 3 eetlepels bo-oor die koek.
  • Sprinkel ⅓ van die neute bo-oor, en dan helfte van die roommengsel.
  • Herhaal die lae, maar moenie die neute oor die boonste lag strooi nie.
  • Meng die res van die neute met die oorblywende Nutella (verhit weer vir ‘n paar sekondes as die Nutella te dik is).
  • Skep versigtig bo-op die room.
  • Sny die sjokolades in die helfte en rangskik bo-op.
  • Sprinkel ‘n bietjie kakao in ‘n sif bo-oor, en verkoel ‘n paar uur in die yskas.
  • Opsioneel: Giet bietjie Amarula bo-oor die koek lae indien verkies.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page