Your Recipe Blog

“ROU EIER” TERT

“ROU EIER” TERT

Die tert is definitief een van die mees interessante terte wat ek nog gemaak het. Definitief vir die meer avontuurlustige mense, ‘n optiese illusie maak die, die enigste “rou eiers” wat ek ooit sal eet.

  • 1 pakkie Tennisbeskuitjies
  • 1 blik perskes- of appelkooshalwes
  • 1 blik kondensmelk
  • 1 houertjie room (yskoud – 250 ml)
  • 15 ml Maizena

Pak ‘n laag koekies in ‘n tertbak.
Klop room styf, voeg kondensmelk by, klop saam.
Skep die mengsel in die bak oor die koekies.
Plaas perskes of appelkose bo op met die gesnyde kante na onder.
Plaas in yskas.
Meng die vrugtestroop met Maizena, giet in ‘n pot, plaas op stoof en laat stadig prut.
Laat afkoel en skep oor die perskes of appelkose.

Resep en foto: Nicolette Papas

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5