Your Recipe Blog

FANTASTIESE FLAN / CRÉME BRÛLÉE

Cook: 1 uur

FANTASTIESE FLAN / CRÉME BRÛLÉE

My kersgeskenk aan jou. Probeer dit gerus, maklik, lyk “grand” en smaak fantasties.

  • 200 ml witsuiker
  • 225 g sagte roomkaas
  • 5 groot eiers
  • 1 blik kondensmelk
  • 1 blik ingedampte melk
  • 5 ml vanilla ekstrak

Plaas die witsuiker in ‘n potjie en roer op matige hitte tot die suiker begin smelt en ‘n karamelkleur word.
Giet die gesmelte suiker in ‘n broodpannetjie en beweeg die pannetjie heen en weer tot die hele binnekant en die kante van die pan bedek is met die suiker. Plaas dit eenkant tot benodig.
Plaas die roomkaas, eiers, kondensmelk, ingedampte melk en vanilla ekstrak in ‘n mengbak en meng die bestanddele goed deur.
Giet die eierbeslag in die broodpannetjie met die gesmelte suiker.
Plaas die broodpannetjie in ‘n oondpan met water (3/4 water teen die pannetjie op) soos vir ‘n waterbad.
Plaas die bak in ‘n voorverhitte oond by 150ºC en bak die flan vir 1 uur.
Verwyder die oondpan uit die oond en die pannetjie uit die water en laat die flan afkoel.
Plaas dit oornag in die yskas om heeltemal te stol.
Voor opdienning, laat staan die pannetjie ‘n rukkie in warm water, maak die kante los en keer die flan uit op ‘n mooi opdien bord sodat die stroop oor die gebakte gedeelte loop.
Geniet dit.

Resep en foto: Frans van Rensburg

2 Reviews

  1. Sarie

    julle resepte is puik en so maklik om te maak ek leer my seuns nou lag lag .?.
    Baie dankie

    Star
  2. Veronica

    Ek is mal oor julle nagereg resepte.

    Baie maklik om te maak

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page