Your Recipe Blog

VARKSTERTPOTJIE

Cook: ± 2 ure

VARKSTERTPOTJIE

Hierdie poitjie was eintlik ‘n gebore noodgeval sonder beplanning, want ons krag was heeldag af.

  • 8 skoongemaakte varkstertjies
  • 2 mediumgrootte uie, gekerf
  • 1 heel groen soetrissie, gekerf
  • ½ rooi soetrissie, gekerf
  • ± 500 ml water
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 1 teelepel italiaanse kruie
  • 1 teelepel gemaalde swartpeper
  • 1 teelepel knoffelvlokkies
  • 4 aartappels, geskil
  • 1 pak bruin sampioene, gekerf
  • 1 pakkie bruin uiesoppoeier, gemeng met ¼ koppie water en ½ koppie tamatiesoussmoor

Braai stertjies tot liggies verkleur, voeg die uie en soetrissies by en braai vir ± 15 minute.
Voeg die water by en laat prut vir ‘n uur.
Kook intussen die aartappel en druk fyn. Maak lekker “mash” en hou eenkant.
Voeg die sout, kruie, peper, rissievlokkies en knoffel asook die sampioene by die stertjies en prut vir ‘n verdere 25 minute.
Voeg die uiesop-en-tamatiesmoorsousmengsel by en laat prut nog 20 minute.

Nota:
Ek skep toe ‘n bed van daai aartappel “smash” met ‘n holte innie middel en skep daai sous met ‘n stert in daai holte en sjoeee my bol was stokstyf gepomp. Djeeeeerlik!

Foto en resep: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5