Your Recipe Blog

SPINASIE EN MAALVLEIS KASSEROL

Recipe by
Cook: 20-30 minute | Servings: 6

SPINASIE EN MAALVLEIS KASSEROL

  • 45 g botter
  • 500 g beesmaalvleis
  • 200 g spinasie, gewas en in repies gesny
  • 100 g rooi soetrissies, in repies gesny
  • 120 g Cheddar, gerasper
  • 5 eiers
  • 100 ml room

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Smeer of spuit ‘n oondvaste bak (22 x 33 cm).
Verhit die botter in ‘n braaipan en braai die maalvleis daarin tot gaar. Skep uit en hou eenkant.
Braai die soetrissie en spinasie in dieselfde pan tot die spinasie net begin verwelk.
Meng die maalvleis weer hierby in en geur na smaak.
Skep die mengsel in die voorbereide bak uit en maak effens gelyk bo-op.
Sprinkel die helfte van die kaas bo-oor.
Klits die eiers en room saam, geur na smaak en skep dit oor die vleismengsel.
Sprinkel die res van die kaas bo-oor en bak vir 20 – 30 minute tot deurgaar en die kaas gesmelt het.

Resep: Leanda van der Westhuizen
Foto: Sidney Daniell
Geplaas deur Bernadene Prinsloo

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5