Your Recipe Blog

SNOEKTERT MET ‘N KERRIEGEURTJIE

Recipe by
Cook: 30 - 35 minute

SNOEKTERT MET ‘N KERRIEGEURTJIE

  • ± 1 kg gevlokte gaar snoek
  • sout en peper, na smaak
  • bietjie olie
  • 1 groot ui, gekap
  • 5 ml vars knoffel
  • 5 – 10 ml matige kerriepoeier of 5 ml kerriepasta
  • 5 ml borrie
  • 4 eiers, geklits
  • ½ koppie volroom melk
  • 1 eetlepel mayonnaise
  • 5 ml suurlemoensap
  • 1 koppie gerasperde Cheddarkaas, hoogvol
  • gemengde droë kruie om bo-oor te sprinkel

Verhit ‘n bietjie olie in ‘n pan en braai die gekapte ui en knoffel oor stadige hitte tot gaar.
Voeg die kerrie en borrie by die uiemengsel en roerbraai vinnig vir ‘n minuut, verwyder van die hitte.
Meng die eiers, melk, Mayonnaise en suurlemoensap saam en voeg by die uiemengsel en roer deur.
Plaas die gevlokte snoek in ‘n oondvaste bak en proe of dit nodig is om sout en peper by die snoek te voeg.
Giet die eiermengsel bo-oor die snoek en sprinkel die kaas en gemengde kruie bo-oor.
Bak vir ongeveer 30 – 35 minute op 180ºC.
Toets met ‘n mespunt of die tert gaar en stewig is.
Bedien met ‘n mengelslaai en lekker tuisgemaakte bruinbrood.

Resep en foto: Louise Groenewald

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5