Your Recipe Blog

INGELEGDE NOEDELSLAAI MET AGURTJIES

INGELEGDE NOEDELSLAAI MET AGURTJIES

  • 1 pak skroef- of skulpnoedels
  • 500 g gekapte rooi, groen en geel soetrissie – ek gebruik die helfte van elke kleur rissie
  • 1 groot ui, gekap
  • 1 koppie agurtjies, opgekap
  • Opsioneel: 1 koppie tamaties, fyn opgekap
  • 1 koppie asyn
  • 1 koppie olie
  • 1 koppie suiker
  • 3 koppies mayonnaise

Kook die noedels gaar volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer en hou dit eenkant warm.
Voeg die gekapte soetrissies, ui, agurtjies en tamatie indien dit gebruik word by die warm pasta en roer deur.
Meng die asyn, olie en suiker in ‘n mikrogolfbestande mengbak en roer totdat al die suiker opgelos is.
Voeg die mayonnaise by die asynmengsel en roer goed deur.
Verhit die mengsel in die mikrogolf vir ongeveer 3 minute en meng die warm sous by die noedelmengsel.
Roer goed deur en bottel die slaai warm in vooraf gesteriliseerde bottels.

Nota:
Die slaai hou goed op die rak. Sodra dit oopgemaak word, plaas ek dit in die yskas.

Resep en foto: Marinda Farreira

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5