Your Recipe Blog

ZEBRA WILDSPASTEI

ZEBRA WILDSPASTEI

“Vanaand die eerste keer zebra gaar gemaak. Dit was ‘n groot probeerslag, en trots om te sê die pastei is opgeëet.”

  • 2 zebra filette, ongeveer 2 kg, in blokkies gesny
  • 250 g portobelini sampioene, in kwarte gesny
  • 4 rooi-uie, grof gekap
  • ± 1 eetlepel bruinsuiker
  • 1 bolletjie knoffelhuisies, gekap
  • balsamiese glasuur/asyn, na smaak
  • kruie, na smaak en eie keuse
  • speserye, na smaak en eie keuse
  • sout en peper, na smaak
  • sap van ½ suurlemoen
  • 2 rolle skilferkorsdeeg
  • 1 eier, geklits met 1 eetlepel water

Maak sampioene gaar met gekapte knoffelhuisies. Skep uit in bak.
Braai uie saam met bruinsuiker en balsamiese glasuur tot sag en gekaramaliseerd. Voeg by sampioene.
Steeds in dieselfde pot, kook die blokkies filette, saam met suurlemoensap, kruie, speserye en sout en peper, tot net gaar.
Voeg uie- en sampioenmengsel by en kook tot sousie verdik.
Plaas een laag uitgerolde skilferkors in gesmeerde oondvaste bak.
Versprei die vleismengsel bo-oor, en sit volgende laag uitgerolde skilferkors bo-op. Druk die kante mooi vas.
Sny gleufies in deeg en verf/bedek met eiermengsel.
Bak by 180°C tot die deeg gaar en krakerig is (ek het nie die tyd dopgehou nie).
Bedien met ‘n mengelslaai om alles te balanseer.

Resep en foto: Michelle Pentz Coetzee

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page