ZEBRA WILDSPASTEI
Resep en foto: Michelle Pentz Coetzee
“Vanaand die eerste keer zebra gaar gemaak. Dit was ‘n groot probeerslag, en trots om te sê die pastei is opgeëet.”
- 2 zebra filette, ongeveer 2 kg, in blokkies gesny
- 250 g portobelini sampioene, in kwarte gesny
- 4 rooi-uie, grof gekap
- ± 1 eetlepel bruinsuiker
- 1 bolletjie knoffelhuisies, gekap
- balsamiese glasuur/asyn, na smaak
- kruie, na smaak en eie keuse
- speserye, na smaak en eie keuse
- sout en peper, na smaak
- sap van ½ suurlemoen
- 2 rolle skilferkorsdeeg
- 1 eier, geklits met 1 eetlepel water
- Maak sampioene gaar met gekapte knoffelhuisies. Skep uit in bak.
- Braai uie saam met bruinsuiker en balsamiese glasuur tot sag en gekaramaliseerd. Voeg by sampioene.
- Steeds in dieselfde pot, kook die blokkies filette, saam met suurlemoensap, kruie, speserye en sout en peper, tot net gaar.
- Voeg uie- en sampioenmengsel by en kook tot sousie verdik.
- Plaas een laag uitgerolde skilferkors in gesmeerde oondvaste bak.
- Versprei die vleismengsel bo-oor, en sit volgende laag uitgerolde skilferkors bo-op. Druk die kante mooi vas.
- Sny gleufies in deeg en verf/bedek met eiermengsel.
- Bak by 180°C tot die deeg gaar en krakerig is (ek het nie die tyd dopgehou nie).
- Bedien met ‘n mengelslaai om alles te balanseer.
Category:












