Your Recipe Blog

FRITTATA

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 - 20 min

FRITTATA

Resep en foto: Angela Landsberg
Lekker lui Saterdag frittata gemaak.
Hoeveelhede na gelang van die hoeveelheid porsies wat jy wil maak en die grootte van die pan wat jy gebruik.

  • spek, opgesny
  • rooi- en groen soetrissie, gekerf
  • rooi ui, gekerf
  • klein tamatietjies
  • gerasperde kaas
  • 7 eiers, geklits
  • sout en peper na smaak
  • Voorverhit die oond tot 180ºC en gebruik ‘n pan wat kan oond toe gaan.
  • Braai die spek en rooi- en groen soetrissies saam.
  • Voeg rooi ui en tamaties by en braai tot alles  mooi gaar is.
  • Voeg die eiers by en meng liggies deur die mengsel.
  • Sit gerasperse kaas by en meng deur.
  • Sit pan in die oond vir so 15 – 20 minute.
  • Sodra dit uit die oond kom, keer die frittata uit die pan onderstebo op ‘n bord.

Bedien dadelik.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page