MIKROGOLF KOFFIE “CREME CARAMEL”
Resep en foto: Amanda Austen
Net 4 bestanddele en lekker vinnig.
- Hoeveelhede vir 4 ramekins:
- 15 ml suiker – per ramekin
- 5 ml water – per ramekin
- 320 ml melk
- 15 ml koffiepoeier
- 30 ml suiker
- 30 ml vlapoeier
- Bespuit die ramekins met kleefwerende kossproei.
- Voeg die suiker en water in elke ramekin.
- Mikrogolf vir 1 tot 2 min lank totdat die suiker begin verkleur. (Hoe donkerder die suiker karmaliseer hoe bitterder is die karamel). (Ek sit 1 vir 1 ramekin in op ‘n slag in die mikrogolf).
- Hou ramekins eenkant.
- Voeg dan die melk, koffiepoeier, suiker en vlapoeier in ‘n bak.
- Meng die bestanddele goed deur.
- Mikrogolf vir 4 min lank. (Roer na elke minuut). Sodra die beslag dik is soos vla, haal uit en giet oor die karamel.
- Verkoel in yskas vir 4 ure lank.
- Keer uit op ‘n bordjie en geniet.












