Your Recipe Blog

WILLEM SE GEBAKTE KAASKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1 uur

WILLEM SE GEBAKTE KAASKOEK

Ek het vandag die heerlike kaaskoek gebak.

  • Maak kors van volgende: 
  • 1 pakkie Mariebeskuitjies
  • 100 g gesmelte botter

Meng  bogenoemde en druk vas onder en halfpad teen die kante op van ‘n 23 cm “springform” pan.
Bak 10 min by 180ºC.
Meng die vulsel bestanddele terwyl die kors bak.

  • Vulsel:
  • 3 bakkies gladde roomkaas
  • 4 eiers
  • 1 koppie strooisuiker
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen

Klits alles saam tot glad.
Sodra kors klaar gebak is, haal uit die oond en verminder hitte na 160ºC.
Skep die vulsel in die kors en bak vir 1 uur.
As die uur verby is, skakel die oond af en los die koek daarin om saam met die oond af te koel. (Om te voorkom dat hy bars)
Verkoel oornag in yskas en versier soos verkies.

Resep en foto: Willem Bierman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page