WILLEM SE GEBAKTE KAASKOEK
Resep en foto: Willem Bierman
Ek het vandag die heerlike kaaskoek gebak.
- Maak kors van volgende:
- 1 pakkie Mariebeskuitjies
- 100 g gesmelte botter
- Meng bogenoemde en druk vas onder en halfpad teen die kante op van ‘n 23 cm “springform” pan.
- Bak 10 min by 180ºC.
- Meng die vulsel bestanddele terwyl die kors bak.
- Vulsel:
- 3 bakkies gladde roomkaas
- 4 eiers
- 1 koppie strooisuiker
- 1 teelepel vanilla geursel
- gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
- Klits alles saam tot glad.
- Sodra kors klaar gebak is, haal uit die oond en verminder hitte na 160ºC.
- Skep die vulsel in die kors en bak vir 1 uur.
- As die uur verby is, skakel die oond af en los die koek daarin om saam met die oond af te koel. (Om te voorkom dat hy bars)
- Verkoel oornag in yskas en versier soos verkies.
Category:













