Your Recipe Blog

WIL OPHOU MAAR KAN NIE PASTA

WIL OPHOU MAAR KAN NIE PASTA

Wil-ophou-maar-kan-nie-pasta…uit my studentedae. Effens aangepas. Nogsteeds heerlik.

  • 500 g rou pasta, gekook volgens aanwysings
  • 25 ml olie
  • 1 ui, gekap
  • 1 groen soetrissie, gekap
  • 250 g spek, gesnipper
  • 6 – 7 sampioene, in skyfies gesny
  • 1 blik tamatiesop
  • 1 blik pitmielies, gedreineer
  • ¾ blik ingedampte melk of 250 ml room vars pietersielie, gesnipper en opsioneel

Braai die ui en groen soetrissie tot sag.
Voeg die spek by en braai nog 5 – 7 minute.
Voeg nou die sampioene by en braai nog 2 – 3 minute.
Voeg nou die tamatiesop, pitmielies en ingedampte melk/room by en kook vir 2 – 3 minute.
Roer die gaar pasta (ek het fettucine gebruik) en pietersielie (indien gebruik) deur, en voeg sout en peper by na smaak.
Laat so 5 minute staan, roer weer deur en bedien.

Resep en foto: Ilze Jacobs
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page