Your Recipe Blog

VRUGTEKELKIETERT MET SJOKOLADE SMAKIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 - 50 min | Servings: 9 ruim porsies. 12 kleiner porsies.

VRUGTEKELKIETERT MET SJOKOLADE SMAKIE

  • Beslag vir tert:
  • 2 koppies bruismeel
  • 2 plat teelepels koeksoda
  • ½ teelepel sout
  • 1 ½ koppies witsuiker
  • 2 groot of ekstra groot eiers
  • 800 g blik vrugtekelkie, die sap ingesluit
  • 60 ml kakao
  • Sous:  (giet oor sodra tert uit die oond kom)
  • 410 g ingedampte melk (1½ koppies)
  • ½ koppie botter of margarien
  • ½ koppie wit of ligbruinsuiker
  • 2 teelepels vanilla ekstrak
  • Opsioneel:
  • ½ koppie gerasperde klapper
  • ½ koppie fyngekapte okkerneute

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Sif die meel saam met die koeksoda en sout.
Voeg die suiker by.
Meng die eiers en die vrugtekelkie (saam met die sap) by. Meng goed.
Giet die mengsel in ‘n gesmeerde oondpan van 23 x 33 cm (9″ x 13″).
Bak die tert by 180°C vir 45 tot 50 minute of tot gaar. My tert het 55 minute gebak.
Die middelste kolletjie moet ook mooi ferm wees voor jy dit uithaal, moenie te haastig wees nie.

Terwyl die tert bak:
Meng al die sousbestanddele in ’n groot glasbak wat mikrogolfvriendelik is. Voeg ook die klapper by indien jy dit gaan gebruik.
Mikrogolf op hoog vir ongeveer 5 minute totdat dit begin kook. Hou dit dop – dit kan maklik oorkook.
Roer die sous goed en giet die warm sous stadig oor die warm tert sodra dit uit die oond kom. Strooi die fyn neute oor indien jy dit gaan gebruik.
Bedien met vla of roomys, louwarm of afgekoel.
Dit lewer ‘n mooi groot tert, 9 ruim porsies. 12 kleiner porsies.

Resep en foto: Louise Groenewald

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page