VRUGTEKELKIETERT MET SJOKOLADE SMAKIE
Resep en foto: Louise Groenewald
- Beslag vir tert:
- 2 koppies bruismeel
- 2 plat teelepels koeksoda
- ½ teelepel sout
- 1 ½ koppies witsuiker
- 2 groot of ekstra groot eiers
- 800 g blik vrugtekelkie, die sap ingesluit
- 60 ml kakao
- Sous: (giet oor sodra tert uit die oond kom)
- 410 g ingedampte melk (1½ koppies)
- ½ koppie botter of margarien
- ½ koppie wit of ligbruinsuiker
- 2 teelepels vanilla ekstrak
- Opsioneel:
- ½ koppie gerasperde klapper
- ½ koppie fyngekapte okkerneute
- Voorverhit die oond tot 180ºC.
- Sif die meel saam met die koeksoda en sout.
- Voeg die suiker by.
- Meng die eiers en die vrugtekelkie (saam met die sap) by. Meng goed.
- Giet die mengsel in ‘n gesmeerde oondpan van 23 x 33 cm (9″ x 13″).
- Bak die tert by 180°C vir 45 tot 50 minute of tot gaar. My tert het 55 minute gebak.
- Die middelste kolletjie moet ook mooi ferm wees voor jy dit uithaal, moenie te haastig wees nie.
- Terwyl die tert bak:
- Meng al die sousbestanddele in ’n groot glasbak wat mikrogolfvriendelik is. Voeg ook die klapper by indien jy dit gaan gebruik.
- Mikrogolf op hoog vir ongeveer 5 minute totdat dit begin kook. Hou dit dop – dit kan maklik oorkook.
- Roer die sous goed en giet die warm sous stadig oor die warm tert sodra dit uit die oond kom. Strooi die fyn neute oor indien jy dit gaan gebruik.
- Bedien met vla of roomys, louwarm of afgekoel.
- Dit lewer ‘n mooi groot tert, 9 ruim porsies. 12 kleiner porsies.












