VROULIEF SE INGELEGDE KWEPERS
Ons tweekies het vanoggend gou 5 kwepers ingelê wat ek die naweek by ‘n padstalletjie gekoop het. Ek het nou die sous geproe en dit het amper gemaak dat ek die hele oes opgeëet het 😂😂😂 Maklik en gou!
- 5 kwepers, geskil ontpit en in skywe gesny
- 1 liter water
- 1 kg suiker
- 4 steranys peule
- sap van een suurlemoen
Voeg alles behalwe die kwepers in ‘n kastrol en verhit tot kook.
Voeg dan die kwepers by en kook vir 45 tot 60 min en tot die kwepers pienk is.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse.
Foto en resep: Gideon Louw
2de foto: Gideon Louw
Vroulief het vanoggend die paar ekstra kwepers ingelê
- 7 groterige kwepers wat ek geskil . Ontpit en in kwarte gesny het en in water met ‘n bietjie suurlemoensap in geplaas soos jy skil
- Sous:
- 1 kg suiker opgelos in een liter water en tot kookpunt gebring
- 5 stukkies ster anys
Plaas dan die kwepers saam met ster anys in die mengsel en kook stadig vir ‘n uur tot sag
Dit is heerlik saam met veral saam met varkvleis offf .n skeppie roomys
Resep en foto Gidoen Louw
Dit lyk baie lekker, Gideon. Ek gaan dit vandag probeer.