PERFEKTE PRUTPOT-ROEREIER IN GROOTMAAT
Ek het dit reeds vanoggend weer gemaak.
Om vir baie mense roereier te maak, doen die volgende.
Spuit ‘n prutpot / slowcooker met kleefwerende kossproei en skakel die pot aan op hoog.
Klits 60 eiers goed saam en giet dit in die prutpot.
Voeg ‘n houer roomkaas by die eier en laat dit vanself smelt met die tyd.
Skraap die kante van die pot af en toe met ‘n skraper.
Die roereier neem ongeveer 1 ½ uur, maar dit maak jou hande intussen los om ander takies te doen.
Na die einde van die tyd, wanneer die eier warm is, gaan die proses vinnig, hou dit dop en verwyder die roereier vanuit die pot wanneer jy tevrede is.
Geur die roereier met sout en peper en sprinkel gekapte sprietuie oor.
Nota:
Klits eiers 30 op ‘n slag apart, dit klits makliker. Voeg dan die 60 geklitste eiers saam in die prutpot.
Resep: Frikkie Jones