VARS BABA STOKVIS MET SLAAI
- 6 vars baba stokvis (baby hake)
- 1 blikkie Pilchards in tamatiesous
- 1 klein rooi ui, fyn gekap
- 1 klein tamatie, fyn gekap
- sout en peper na smaak
Maak die vars vissies skoon, en sprinkel met sout en peper.
Meng die pilchards in tamatiesous saam met die gekapte rooi ui en klein tamatie en vul elke vissie daarmee.
Plaas in lugbraaier, op die vis knoppie tot gaar.
Was heerlik gewees saam met gegeurde rys en slaai.
Hannie Steenkamp slaai: (die slaai is baie jare gelede deur die kleurling tannie wat vir my tante gewerk het in die Kaap gemaak en ons het groot geword met Tannie Hannie Steenkamp slaai)
- 1 kop gekapte blaarslaai
- 1 ui, gekap
- 1 tamatie, fyn gekap
- 1 blikkie gemengde groente, water gedreineer
- ½ koppie kaas blokkies of grof gerasper
- mayonnaise na smaak
- sout en peper
Meng alles saam, laat lekker koud word en bedien.
Resep en foto: Maryna Viljoen Kruger














