VARS BABA STOKVIS MET SLAAI
Resep en foto: Maryna Viljoen Kruger
- 6 vars baba stokvis (baby hake)
- 1 blikkie Pilchards in tamatiesous
- 1 klein rooi ui, fyn gekap
- 1 klein tamatie, fyn gekap
- sout en peper na smaak
- Maak die vars vissies skoon, en sprinkel met sout en peper.
- Meng die pilchards in tamatiesous saam met die gekapte rooi ui en klein tamatie en vul elke vissie daarmee.
- Plaas in lugbraaier, op die vis knoppie tot gaar.
Was heerlik gewees saam met gegeurde rys en slaai.
Hannie Steenkamp slaai: (die slaai is baie jare gelede deur die kleurling tannie wat vir my tante gewerk het in die Kaap gemaak en ons het groot geword met Tannie Hannie Steenkamp slaai)
- 1 kop gekapte blaarslaai
- 1 ui, gekap
- 1 tamatie, fyn gekap
- 1 blikkie gemengde groente, water gedreineer
- ½ koppie kaas blokkies of grof gerasper
- mayonnaise na smaak
- sout en peper
- Meng alles saam, laat lekker koud word en bedien.
Category:














