Your Recipe Blog

TUNATERTJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 8 - 10 min | Servings: 12

TUNATERTJIES

  • 15 ml botter
  • 15 ml koekmeel
  • 125 ml melk
  • sout en peper
  • 1 blikkie 200 g tuna, gedreineer en gevlok
  • 1 eier, geskei
  • 15 ml vars gekapte pietersiellie
  • 250 ml gerasperde kaas
  • knippie rooipeper
  • 1 pakkie (200 g) blaardeeg

Verhit die botter in ‘n pan op die stoof, voeg meel by en braai een minute oor lae hitte.
Voeg melk geleidelik by en klop oor matige hitte tot verdik.
Geur met sout en peper.
Haal van die stoof af.
Voeg vis by en meng goed.
Klop eiergeel en meng by, roer pietersiellie en kaas by.
Geur met rooipeper.
Klits eierwit styf en vou by mengsel in.
Rol deeg uit, druk sirkels uit en voer gesmeerde kolwyntjie pannetjies daarmee uit.
Skep vulsel in, smeer gelyk en bak 8 – 10 minute in voorverhitte oond by 220 C.

Resep getoets en foto: Petro van Genderen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page