Your Recipe Blog

TUNATERTJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 8 - 10 min | Servings: 12

TUNATERTJIES

Resep getoets en foto: Petro van Genderen

  • 15 ml botter
  • 15 ml koekmeel
  • 125 ml melk
  • sout en peper
  • 1 blikkie 200 g tuna, gedreineer en gevlok
  • 1 eier, geskei
  • 15 ml vars gekapte pietersielie
  • 250 ml gerasperde kaas
  • knippie rooipeper
  • 1 pakkie (200 g) blaardeeg
  • Verhit die botter in ‘n pan op die stoof, voeg meel by en braai een minute oor lae hitte.
  • Voeg melk geleidelik by en klop oor matige hitte tot verdik.
  • Geur met sout en peper.
  • Haal van die stoof af.
  • Voeg vis by en meng goed.
  • Klop eiergeel en meng by, roer pietersiellie en kaas by.
  • Geur met rooipeper.
  • Klits eierwit styf en vou by mengsel in.
  • Rol deeg uit, druk sirkels uit en voer gesmeerde kolwyntjie pannetjies daarmee uit.
  • Skep vulsel in, smeer gelyk en bak 8 – 10 minute in voor verhitte oond by 220 C.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page