Your Recipe Blog

TUNATERT MET WITSOUS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min

TUNATERT MET WITSOUS

  • Kors:
  • 1 koppie bruismeel
  • 110 g margarien
  • 1 koppie gerasperde kaas
  • Witsous:
  • 1 koppie bruismeel
  • 110 g gerasperde kaas
  • 4 koppies melk
  • sout
  • 1 teelepel mosterdpoeier
  • Vulsel:
  • 2 blikke tuna (sous ook)
  • 2 koppies gerasperde kaas
  • 1 eetlepel gerasperde uie
  • 1 eetlepel pietersielie
  • 1 eier, geklits
  • Ekstra:
  • gerasperde kaas vir bo-oor sprinkel

Meng die kors bestanddele saam en druk vas op die bodem van ‘n oondvaste tertbak, of soos verkies.
Meng die witsous bestanddele in ‘n potjie, roer aanhoudend en kook stadig tot verdik.
Meng die vulsel bestanddele saam en meng met die witsous, skep bo-op die kors. Sprinkel ekstra kaas oor.
Bak ½ uur teen 180ºC of tot gestol en kaas gesmelt.

Resep en foto: Dalene Venner

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page