Your Recipe Blog

TAMATIESOUSBONE- EN HOENDERVIENNAGEREG

Cook: 10 - 12 minute

TAMATIESOUSBONE- EN HOENDERVIENNAGEREG

Hierdie resep is oorspronklik van Kim Bagley, maar ek het dit net so bietjie verwerk vir ‘n maklike middagete vir honger tieners.

  • 1 ui, opgekap
  • 2 knoffeltoontjies, opgekap
  • olie vir braai
  • 2 blikkies opgekapte tamaties
  • sout en peper, na smaak
  • titseltjie suiker, na smaak
  • 6 – 7 hoenderviennas, opgesny
  • 1 blikkie gebakte bone in tamatiesous
  • gerasperde kaas vir bo-op

Verhit die olie in ‘n pan op die stoof, voeg die uie en knoffel by en braai ‘n paar minute tot sag.
Voeg die tamaties, sout, peper en suiker by, roer deur en proe vir smaak.
Voeg die gesnyde viennas en blikkie bone by, roer deur en prut vir 10 minute.
Sprinkel die gerasperde kaas bo-oor die tamatiemengsel en plaas die pan vir paar minute onder die rooster element sodat die kaas kan smelt.
Bedien op geroosterde rolletjies, heerlik en ekonomies.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page