TAMATIESOUSBONE- EN HOENDERVIENNAGEREG
Resep en foto: Ilze Jacobs
Hierdie resep is oorspronklik van Kim Bagley, maar ek het dit net so bietjie verwerk vir ‘n maklike middagete vir honger tieners.
- 1 ui, opgekap
- 2 knoffeltoontjies, opgekap
- olie vir braai
- 2 blikkies opgekapte tamaties
- sout en peper, na smaak
- titseltjie suiker, na smaak
- 6 – 7 hoenderviennas, opgesny
- 1 blikkie gebakte bone in tamatiesous
- gerasperde kaas vir bo-op
- Verhit die olie in ‘n pan op die stoof, voeg die uie en knoffel by en braai ‘n paar minute tot sag.
- Voeg die tamaties, sout, peper en suiker by, roer deur en proe vir smaak.
- Voeg die gesnyde viennas en blikkie bone by, roer deur en prut vir 10 minute.
- Sprinkel die gerasperde kaas bo-oor die tamatiemengsel en plaas die pan vir paar minute onder die rooster element sodat die kaas kan smelt.
- Bedien op geroosterde rolletjies, heerlik en ekonomies.
Category:












