SUURLEMOENSTROOP OM TE BOTTEL
Kan dieselfde resep volg met granadilla’s
- 1.6 kg wit suiker
- 1.5 liter water
- 500 ml vars suurlemoensap
- 15 g – 25 g engelse sout
- 15 g – 25 g wynsteensuur
Kook al die bestanddele behalwe die engelse sout en wynsteensuur saam.
As die mengsel skuim maak skep af met ‘n lepel.
Filtreer die mengsel.
Laastens voeg die engelse sout en wynsteensuur by.
Meng en bottel.
Maak aan volgens smaak. Meng met water of sodawater of lemonade na smaak.
Ek het 4 bottels van 750 ml uitgekry.
Resep en foto: Beatie Neethling Erasmus












