SUURLEMOENSTROOP OM TE BOTTEL
Resep en foto: Beatie Neethling Erasmus
Kan dieselfde resep volg met granadilla’s
- 1.6 kg wit suiker
- 1.5 liter water
- 500 ml vars suurlemoensap
- 15 – 25 g Engelse sout
- 15 – 25 g wynsteensuur
- Kook al die bestanddele behalwe die Engelse sout en wynsteensuur saam.
- As die mengsel skuim maak, skep af met ‘n lepel.
- Filtreer die mengsel.
- Laastens voeg die Engelse sout en wynsteensuur by.
- Meng en bottel.
- Maak aan volgens smaak. Meng met water of sodawater of lemonade na smaak.
Ek het 4 bottels van 750 ml uitgekry.
Category:












