SPEK- EN MAALVLEISPASTA
My seun is mal oor hierdie dis en as ek dit maak moet ek dit altyd dubbel maak sodat daar genoeg is vir die volgende dag.
- 1 kg maalvleis
- 500 g spek
- 5 ml oreganum
- 2.5 ml tiemie
- 2.5 ml roosmaryn
- 2.5 ml paprika
- 5 ml gemengde speserye
- sout en peper
- 1 eetlepel Worcestersous
- 1 eetlepel sojasous
- 1 eetlepel Jimmysous
- pasta van jou keuse
- kaassous van ongeveer 1 liter melk gemaak
Kook die pasta volgens die aanwysings, dreineer en hou eenkant.
Snipper die spek en braai dit tot gaar.
Verwyder uit pan en hou dit eenkant.
Braai die maalvleis in dieselfde pan tot gaar.
Voeg die spek weer by die maalvleis.
Voeg die speserye en souse by (alle hoeveelhede speserye en souse na smaak)
Maak ‘n lekker kaassous.
Voeg die vleismengsel by die pasta en laastens die kaassous.
Roer goed deur.
Skep die mengsel in ‘n gespuite oondbak.
Strooi gerasperde kaas bo-oor.
Rooster in die oond totdat die kaas gesmelt het.
Geniet.
Resep en foto: Lindie Nel












