Your Recipe Blog

SPEK- EN MAALVLEISPASTA

SPEK- EN MAALVLEISPASTA

Resep en foto: Lindie Nel
My seun is mal oor hierdie dis en as ek dit maak moet ek dit altyd dubbel maak sodat daar genoeg is vir die volgende dag.
  • 1 kg maalvleis
  • 500 g spek
  • 5 ml oreganum
  • 2.5 ml tiemie
  • 2.5 ml roosmaryn
  • 2.5 ml paprika
  • 5 ml gemengde speserye
  • sout en peper
  • 1 eetlepel Worcestersous
  • 1 eetlepel sojasous
  • 1 eetlepel Jimmysous
  • pasta van jou keuse
  • kaassous van ongeveer 1 liter melk gemaak
  • Kook die pasta volgens die aanwysings, dreineer en hou eenkant.
  • Snipper die spek en braai dit tot gaar.
  • Verwyder uit pan en hou dit eenkant.
  • Braai die maalvleis in dieselfde pan tot gaar.
  • Voeg die spek weer by die maalvleis.
  • Voeg die speserye en souse by (alle hoeveelhede speserye en souse na smaak)
  • Maak ‘n lekker kaassous.
  • Voeg die vleismengsel by die pasta en laastens die kaassous.
  • Roer goed deur.
  • Skep die mengsel in ‘n gespuite oondbak.
  • Strooi gerasperde kaas bo-oor.
  • Rooster in die oond totdat die kaas gesmelt het.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page