Your Recipe Blog

QUARKSTOLLEN (MAASKAAS STOLLEN)

Recipe by
Cook: 45 - 60 min

QUARKSTOLLEN (MAASKAAS STOLLEN)

Die resep is vir een brood of twee kleiner brode.

  • 500 g koekmeel
  • 4 teelepels bakpoeier
  • 125 g suiker
  • 4 teelepels vanilla suiker of 1 teelepel vanilla geursel
  • 2 eiers
  • 175 g botter
  • 250 g maaskaas
  • bietjie sout
  • 1 teelepel amandel geursel
  • ½ teelepel kaneel
  • 150 g gemaalde almandels
  • 250 g rosyne
  • rum of sap om rosyne in te week
  • 100 g marzipan
Week rosyne oornag in rum of sap.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Meng al die bestanddele in ‘n bak en knie tot deeg gevorm het.
Deel deeg in twee.
Knie marzipan en rol in brood lengte.
Vou die marzipan in by die deeg en maak seker die deeg dek die marzipan anders loop dit uit.
Bak in oond vir 45 – 60 min tot goudbruin.
Verwyder brode uit oond en borsel met sag gemaakte botter.
Strooi versiersuiker dik oor.
Laat brode afkoel en draai toe met foelie en kleefplastiek.

Geniet die volgende dag maar beste 3 dae later.

Resep en foto:  Karin van Dyk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page