Your Recipe Blog

QUARKSTOLLEN (MAASKAAS STOLLEN)

Recipe by
Cook: 45 - 60 min

QUARKSTOLLEN (MAASKAAS STOLLEN)

Resep en foto:  Karin van Dyk
Die resep is vir een brood of twee kleiner brode.

  • 500 g koekmeel
  • 4 teelepels bakpoeier
  • 125 g suiker
  • 4 teelepels vanilla suiker of 1 teelepel vanilla geursel
  • 2 eiers
  • 175 g botter
  • 250 g maaskaas
  • bietjie sout
  • 1 teelepel amandel geursel
  • ½ teelepel kaneel
  • 150 g gemaalde amandels
  • 250 g rosyne
  • rum of sap om rosyne in te week
  • 100 g marzipan
  • Week rosyne oornag in rum of sap.
  • Voorverhit die oond tot 180°C.
  • Meng al die bestanddele in ‘n bak en knie tot deeg gevorm het.
  • Deel deeg in twee.
  • Knie marzipan en rol in brood lengte.
  • Vou die marzipan in by die deeg en maak seker die deeg dek die marzipan anders loop dit uit.
  • Bak in oond vir 45 – 60 min tot goudbruin.
  • Verwyder brode uit oond en borsel met sag gemaakte botter.
  • Strooi versiersuiker dik oor.
  • Laat brode afkoel en draai toe met foelie en kleefplastiek.

Geniet die volgende dag maar beste 3 dae later.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page