Your Recipe Blog

OONDGEROOSTERDE SALM OP PASTA

OONDGEROOSTERDE SALM OP PASTA

Eerstens het ek gesorg dat al wat ‘n graatjie uit die vis is.

  • salm, in porsies gesny
  • Meng die volgende saam:
  • 150 ml suurlemoen sap
  • 150 ml lemoensap
  • 1 eetlepel knoffel
  • 200 ml bruinsuiker
  • 100 ml water
  • sout en pepper na smaak
  • groot takkie roosmaryn
  • Ekstra: hoeveelhede na gelang van porsies
  • heel groenboontjies
  • heel pit mielies
  • rou uieringe
  • suurelemoen en lemoenskywe

Sit die salm in ‘n sak, giet die sous oor en laat rus vir teminste 2 ure in yskas.
Kook heel groenbone net tot sag in soutwater, haal uit, spoel af onder koue water en laat staan eenkant.
Kook spaghetti, dreineer en hou eenkant.
Rooster salm tot net gaar in bietjie olie, velkant onder, haal uit en hou eenkant.
Braai die uie in dieselfde pan, sit die res van die marinade by en soteer spaghetti saam met die bone en mielies daarin.
Skep in bak of in borde en bedien vis bo-op.
Rooster suurlemoen- en lemoenskywe in bietjie botter en sit dit bo-op.

Resep en foto: Elizabeth Haupt

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page