Your Recipe Blog

OONDGEROOSTERDE SALM OP PASTA

OONDGEROOSTERDE SALM OP PASTA

Resep en foto: Elizabeth Haupt
Eerstens het ek gesorg dat al wat ‘n graatjie uit die vis is.

  • salm, in porsies gesny
  • Meng die volgende saam:
  • 150 ml suurlemoen sap
  • 150 ml lemoensap
  • 1 eetlepel knoffel
  • 200 ml bruinsuiker
  • 100 ml water
  • sout en pepper na smaak
  • groot takkie roosmaryn
  • Ekstra: hoeveelhede na gelang van porsies
  • heel groenboontjies
  • heel pit mielies
  • rou uieringe
  • suurelemoen en lemoenskywe
  • Sit die salm in ‘n sak, giet die sous oor en laat rus vir teminste 2 ure in yskas.
  • Kook heel groenbone net tot sag in soutwater, haal uit, spoel af onder koue water en laat staan eenkant.
  • Kook spaghetti, dreineer en hou eenkant.
  • Rooster salm tot net gaar in bietjie olie, velkant onder, haal uit en hou eenkant.
  • Braai die uie in dieselfde pan, sit die res van die marinade by en soteer spaghetti saam met die bone en mielies daarin.
  • Skep in bak of in borde en bedien vis bo-op.
  • Rooster suurlemoen- en lemoenskywe in bietjie botter en sit dit bo-op.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page