OONDGEBAKTE VARKSTERTJIES MET KNOFFEL
Ekt vanaand vir ons die heerlike varkstertjies in die oond gaargemaak.
Vroulief het lekker “smash” gemaak wat ons saam met die stertjies geniet het …dit was djeeeeeerlik.
- 6 ontvelde varkstertjies
- 1 groot ui
- 4 eetlepels olyfolie
- 2 eetlepels balsamiese asyn
- 3 eetlepels bruinasyn
- 2 eetlepels dijon mosterd
- 1 eetlepel sout
- 3 eetlepels suiker
- 2 teelepels witpeper
- 2 fyngedrukte knoffelhuisies
- roosmaryn takkie
Plaas ses ontvelde varkstertjies in ‘n oondbak.
Skil een groot ui en sny dit op in stukke en plaas dit tussen die stertjies. Meng al die ander bestanddele, behalwe die roosmaryn saam.
Strooi die mengsel oor die vleis en uie in die pan.
Plaas ‘n roosmaryn takkie bo op en bedek met foelie.
Bak in die oond vir 3 ure op 180°C.
Verwyder die foelie en verbruin die vleis ‘n bietjie deur dit vir ‘n paar minute te bak onder die rooster van die oond.
Skep ‘n bed van “smash” op jou bord en maak ‘n dammetjie innie middel.
Skep nou die vleis- en uiemengsel in die dammetjie saam met die heerlike sous.
Nota:
Voor opskep het ek die meeste vet uit die bak geskep.
Hier is ‘n foto voor en na en oppie bord.
Resep en foto: Gideon Louw