OONDGEBAKTE VARKSTERTJIES MET KNOFFEL
Resep en foto: Gideon Louw
Ekt vanaand vir ons die heerlike varkstertjies in die oond gaargemaak.
Vroulief het lekker “smash” gemaak wat ons saam met die stertjies geniet het …dit was djeeeeeerlik.
- 6 ontvelde varkstertjies
- 1 groot ui
- 4 eetlepels olyfolie
- 2 eetlepels balsamiese asyn
- 3 eetlepels bruinasyn
- 2 eetlepels Dijon mosterd
- 1 eetlepel sout
- 3 eetlepels suiker
- 2 teelepels witpeper
- 2 fyngedrukte knoffelhuisies
- roosmaryn takkie
- Plaas ses ontvelde varkstertjies in ‘n oondbak.
- Skil een groot ui en sny dit op in stukke en plaas dit tussen die stertjies. Meng al die ander bestanddele, behalwe die roosmaryn saam.
- Strooi die mengsel oor die vleis en uie in die pan.
- Plaas ‘n roosmaryn takkie bo op en bedek met foelie.
- Bak in die oond vir 3 ure op 180°C.
- Verwyder die foelie en verbruin die vleis ‘n bietjie deur dit vir ‘n paar minute te bak onder die rooster van die oond.
- Skep ‘n bed van “smash” op jou bord en maak ‘n dammetjie innie middel.
- Skep nou die vleis- en uiemengsel in die dammetjie saam met die heerlike sous.
Nota:
Voor opskep het ek die meeste vet uit die bak geskep.
Hier is ‘n foto voor en na en oppie bord.



