Your Recipe Blog

MAALVLEIS MET SPEKVLEIS EN NIERBONE

MAALVLEIS MET SPEKVLEIS EN NIERBONE

  • 1 groot ui, fyn gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyn gekap
  • olie
  • 10 ml rooipeper
  • 125 g streepspekvleis, fyn gekap
  • 1 kg maalvleis
  • 1 blik (400 g) heel tamaties, fyn gekap
  • 1 blik (410 g) tamatiepuree
  • 45 ml suiker
  • 1 blik (400 g) nierbone, gedreineer
  • sout en peper na smaak

Sorteer die ui en knoffel in ‘n bietjie olie tot sag en deurskynend. Roer die rooipeper by.
Voeg die spekvleis by en braai tot gaar. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar.
Voeg die tamaties en tamatiepure by.
Verlaag die hitte en laat prut tot die mengsel lekker souserig is en die meeste van die vloeistof afgekook het.
Geur met sout en peper en voeg ook die suiker by.
Voeg die nierbone by en laat prut tot goed warm.
Bedien met pasta of pitabrood.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page