Your Recipe Blog

MAALVLEIS MET SPEKVLEIS EN NIERBONE

MAALVLEIS MET SPEKVLEIS EN NIERBONE

Resep en foto: Amanda Austen

  • 1 groot ui, fyn gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyn gekap
  • olie
  • 10 ml rooipeper
  • 125 g streepspekvleis, fyn gekap
  • 1 kg maalvleis
  • 1 blik (400 g) heel tamaties, fyn gekap
  • 1 blik (410 g) tamatiepuree
  • 45 ml suiker
  • 1 blik (400 g) nierbone, gedreineer
  • sout en peper na smaak
  • Sorteer die ui en knoffel in ‘n bietjie olie tot sag en deurskynend. Roer die rooipeper by.
  • Voeg die spekvleis by en braai tot gaar. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar.
  • Voeg die tamaties en tamatiepure by.
  • Verlaag die hitte en laat prut tot die mengsel lekker souserig is en die meeste van die vloeistof afgekook het.
  • Geur met sout en peper en voeg ook die suiker by.
  • Voeg die nierbone by en laat prut tot goed warm.

Bedien met pasta of pitabrood.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page