KERRIEBLOKKIESVLEIS MET GROENTE
- 800-1 kg bees blokkiesvleis
- 2 gekapte uie
- 1 gekapte soetrissies van jou keuse
- 1 gekapte groen- of geel appel
- 1 piesang
- 2 eetlepels blatjang
- 1 eetlepel appelkooskonfyt
- 1 eetlepel worcestersous
- 2 eetlepels asyn
- 2 teelepels borrie
- 1 teelepel masala
- 2 opgehoopte teelepels rajah medium kerriepoeier
- ½ teelepel gemmer
- 1 teelepel sout
- swart peper na smaak
- ½ pak gemengde groente, (dis mos nou net 700 gram)
- 4 aartappels, fyngesny
Braai die uie, soetrissies, piesang, appels en vleis in ‘n bietjie botter of klapper olie.
Voeg die kerrie, borrie, masala en gemmer by en braai saam.
Voeg kookwater by om te bedek nadat groente en aartappelblokkies bygevoeg is.
Voeg laaste die blatjang, worcestersous, konfyt, sout en peper by, asook die asyn.
Prut in ‘n swaarboompot.
Die hoeveelheid kerrie kan na ‘n halfuur aangepas word indien jy dit sterker verkies, voeg nog ‘n teelepel masala en bietjie gemmer by.
Prut vir ¾ uur op lae hitte tot alles sag en gaar is.
Bedien saam met rys.
Maak ‘n ekstra bakkie tamatie en uie by en klapper indien verkies
Resep en foto: Riette Perold












