Your Recipe Blog

KERRIEBLOKKIESVLEIS MET GROENTE

KERRIEBLOKKIESVLEIS MET GROENTE

Resep en foto: Riette Perold

  • 800 g – 1 kg bees blokkiesvleis
  • 2 gekapte uie
  • 1 gekapte soetrissies van jou keuse
  • 1 gekapte groen- of geel appel
  • 1 piesang
  • 2 eetlepels blatjang
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • 1 eetlepel Worcestersous
  • 2 eetlepels asyn
  • 2 teelepels borrie
  • 1 teelepel masala
  • 2 opgehoopte teelepels rajah medium kerriepoeier
  • ½ teelepel gemmer
  • 1 teelepel sout
  • swart peper na smaak
  • ½ pak gemengde groente, (dis mos nou net 700 g)
  • 4 aartappels, fyngesny
  • Braai die uie, soetrissies, piesang, appels en vleis in ‘n bietjie botter of klapper olie. Voeg die kerrie, borrie, masala en gemmer by en braai saam.
  • Voeg kookwater by om te bedek nadat groente en aartappelblokkies bygevoeg is.
  • Voeg laaste die blatjang, worcestersous, konfyt, sout en peper by, asook die asyn.
  • Prut in ‘n swaarboompot.
  • Die hoeveelheid kerrie kan na ‘n halfuur aangepas word indien jy dit sterker verkies, voeg nog ‘n teelepel masala en bietjie gemmer by.
  • Prut vir ¾ uur op lae hitte tot alles sag en gaar is.

Bedien saam met rys.
Maak ‘n ekstra bakkie tamatie en uie by en klapper indien verkies

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page