KARAMELBROODPOEDING
Moenie dat die brood jou afsit nie, my mense geniet hierdie poeding sonder dat hulle eens weet daar is brood in.
- 10 snye witbrood
- 3 eetlepels botter
- 4 koppies melk
- 4 eiers
Pak die witbrood, in groot blokke gesny met al die korsies af, in ‘n glasbak.
Smelt botter en melk saam, moenie kook nie.
Klits die eiers, voeg bietjie warm melk by en meng vinnig, giet die eiermengsel terug by die melkmengsel. Giet mengsel bo-oor die brood en laat week vir 5 minute.
Bak vir 40 minute by 180°C.
- Bo-laag: Klits saam:
- 1 koppie margarien
- 2 koppies suiker
- 2 eiers
- 2 teelepels vanilla geursel
Giet bo-oor warm poeding wanneer uit die oond kom.
Bak vir nog 20 minute by 180°C.
Bedien met vla.
Foto 2: Marie Rheeder Troskie
Foto 1: Leonie van Ghert
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie













