KARAMELBROODPOEDING
Foto 2: Marie Rheeder Troskie
Foto 1: Leonie van Ghert
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Moenie dat die brood jou afsit nie, my mense geniet hierdie poeding sonder dat hulle eens weet daar is brood in.
- 10 snye witbrood
- 3 eetlepels botter
- 4 koppies melk
- 4 eiers
- Pak die witbrood, in groot blokke gesny met al die korsies af, in ‘n glasbak.
- Smelt botter en melk saam, moenie kook nie.
- Klits die eiers, voeg bietjie warm melk by en meng vinnig, giet die eiermengsel terug by die melkmengsel. Giet mengsel bo-oor die brood en laat week vir 5 minute.
- Bak vir 40 minute by 180°C.
- Bo-laag: Klits saam:
- 1 koppie margarien
- 2 koppies suiker
- 2 eiers
- 2 teelepels vanilla geursel
- Giet bo-oor warm poeding wanneer uit die oond kom.
- Bak vir nog 20 minute by 180°C.
- Bedien met vla.
Category:













