JOGURT- EN JELLIE YSKASTERT
Hierdie maklike en smaaklike yskastert sal jou gaste laat vra vir nog! Perfek vir somerdae of as ‘n vinnige nagereg. Ek het gekapte moerbuie as versiering gebruik.
- 1 pakkie (80 g) jellie, enige geur
- 250 ml kookwater
- 500 g gegeurde jogurt, pas die geur by jou jellie
- 1 pakkie Tennisbeskuitjies
- vars vrugte, opsioneel, vir versiering
Los die jellie op in die kookwater en laat dit effens afkoel.
Meng die afgekoelde jellie met die jogurt tot glad.
Pak ‘n laag Tennisbeskuitjies in ‘n tertbak.
Giet ‘n laag van die jogurt- en jelliemengsel oor die beskuitjies.
Herhaal die lae totdat al die bestanddele gebruik is, eindig met ‘n jogurt-jellielaag.
Plaas die tert in die yskas vir minstens 4 – 6 uur (of oornag) totdat dit goed gestol het.
Versier met vars vrugte, gekrummelde Tennisbeskuitjies, of ‘n bietjie room indien verkies.
Geniet hierdie vinnige en maklike yskastert saam met familie en vriende.
Resep en foto: Nick Swart












