Your Recipe Blog

JOGURT- EN JELLIE YSKASTERT

Recipe by
4 - 6 ure

JOGURT- EN JELLIE YSKASTERT

Resep en foto: Nick Swart
Hierdie maklike en smaaklike yskastert sal jou gaste laat vra vir nog! Perfek vir somerdae of as ‘n vinnige nagereg. Ek het gekapte moerbuie as versiering gebruik.

  • 1 pakkie (80 g) jellie, enige geur
  • 250 ml kookwater
  • 500 g gegeurde jogurt, pas die geur by jou jellie
  • 1 pakkie Tennisbeskuitjies
  • vars vrugte, opsioneel, vir versiering
  • Los die jellie op in die kookwater en laat dit effens afkoel.
  • Meng die afgekoelde jellie met die jogurt tot glad.
  • Pak ‘n laag Tennisbeskuitjies in ‘n tertbak.
  • Giet ‘n laag van die jogurt- en jelliemengsel oor die beskuitjies.
  • Herhaal die lae totdat al die bestanddele gebruik is, eindig met ‘n jogurt-jellielaag.
  • Plaas die tert in die yskas vir minstens 4 – 6 uur (of oornag) totdat dit goed gestol het.
  • Versier met vars vrugte, gekrummelde Tennisbeskuitjies, of ‘n bietjie room indien verkies.

Geniet hierdie vinnige en maklike yskastert saam met familie en vriende.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page