HEERLIKE KOLWYNTJIES
- 3 eiers
- 1 koppie suiker
- ½ koppie kookwater
- ½ koppie kookolie
- 2 koppies koekmeel
- 5 ml vanilla geursel
- 3 teelepels bakpoeier
Voorverhit die oond tot 180°C.
Klits die eiers en suiker saam.
Voeg dan die olie en kookwater by en meng goed.
Meng die meel, vanilla en laastens die bakpoeier goed.
Voeg die meelmengsel by die vloeistofmengsel en meng goed.
Vul 12 kolwyntjie houertjies halfpad.
Bak vir 20 minute.
VERSIERSUIKER
Ek gebruik hierdie versiering vir al die koeke wat ek bak.
- 1 blok wit woodenspoon margarien
- 1 kg versiersuiker
- 2 teelepels kookwater
- 2 teelepels vanilla geursel
Die margarien moet kamertemperatuur wees.
Klits die margarien met jou elektriese klitser baie goed.
Voeg die kookwater en die vanilla by en klits baie goed.
Deel die versiersuiker in 3 dele en voeg 1 deel op ‘n slag by, klits goed na elke byvoeging.
Klits nog vir so 3 minute.
Nou kan jy enige kleursel byvoeg wat jy ookal wil en versier.
Plaas in die yskas vir so half uur om goed te stol.
Die versiersuiker bly redelik stabiel.
Resep en foto: Madelein Van Greunen












