Your Recipe Blog

HEERLIKE KOLWYNTJIES

Recipe by
Cook: 20 min | Servings: 12

HEERLIKE KOLWYNTJIES

Resep en foto: Madelein Van Greunen
Ek gebruik hierdie versiering vir al die koeke wat ek bak.

  • 3 eiers
  • 1 koppie suiker
  • ½ koppie kookwater
  • ½ koppie kookolie
  • 2 koppies koekmeel
  • 5 ml vanilla geursel
  • 3 teelepels bakpoeier
  • Voorverhit die oond tot 180°C.
  • Klits die eiers en suiker saam. Voeg die olie en  kookwater by en meng goed.
  • Meng die meel, vanilla en laastens die bakpoeier goed.
  • Voeg die meelmengsel by die vloeistofmengsel en meng goed.
  • Vul 12 kolwyntjie houertjies halfpad.
  • Bak vir 20 minute.
  • VERSIERSUIKER
  • 1 blok wit Wooden Spoon margarien
  • 1 kg versiersuiker
  • 2 teelepels kookwater
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • Die margarien moet kamertemperatuur wees.
  • Klits die margarien met jou elektriese klitser baie goed.
  • Voeg die kookwater en die vanilla by en klits baie goed.
  • Deel die versiersuiker in 3 dele en voeg 1 deel op ‘n slag by, klits goed na elke byvoeging.
  • Klits nog vir so 3 minute.
  • Nou kan jy enige kleursel byvoeg wat jy ookal wil en versier.
  • Plaas in die yskas vir so half uur om goed te stol.
  • Die versiersuiker bly redelik stabiel.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page