HEEL PERSKEKONFYT MET PITTE IN
- 2,5 kg suiker
- 3 kg vrugte
- sap van 1 suurlemoen
- 250 ml tot 500 ml water
Kies taaipitperskes wat net ryp is.
Skil hulle dun af en prik goed met ‘n stopnaald.
Laat dit 2 tot 4 uur in soutoplossing week (15 ml sout vir elke 3½ liter water).
Haal uit die soutoplossing, spoel die vrugte goed af en weeg dit.
Smeer die boom van ‘n konfytkastrol met botter of olie en pak die vrugte en die suiker in afwisselende lae daarin.
(Gebruik 2,5 kg suiker vir 3 kg vrugte en voeg die sap van 1 suurlemoen by vir dieselfde gewig vrugte.)
Voeg 250 ml tot 500 ml water by vir elke 3 kg vrugte.
Verhit dit stadig tot die suiker opgelos is en kook dan vinnig tot die vrugte deurskynend en helder is.
Na die eerste uur kan dit stadiger gekook word.
Skep dit in warm, gesteriliseerde bottels en verseël dit dadelik.
HEEL PERSKE KONFYT
Gebruik vir elke 2 kg perskes 1,5 kg witsuiker, 1,5 liter water en sap van 1 suulemoen.
Skil die perskes af en plaas in bak met soutwater.
Verhit die suiker en water tot kookpunt en roer totdat suiker op gelos is.
Voeg die perskes en suurlemoensap by en kook matig vinnig totdat die perskes deurskynend is, en die stroop dik is soos heuning.
Pak die perskes in jou flesse en vul met die stroop.
Verseël die konfyt dadelik.
Resep: Mariaan Hartman
Foto: Percy Hall












