Your Recipe Blog

HEEL PERSKEKONFYT MET PITTE IN

HEEL PERSKEKONFYT MET PITTE IN

Resep: Mariaan Hartman
Foto:  Percy Hall

  • 2,5 kg suiker
  • 3 kg vrugte
  • sap van 1 suurlemoen
  • 250 ml tot 500 ml water
  • Kies taaipitperskes wat net ryp is.
  • Skil hulle dun af en prik goed met ‘n stopnaald.
  • Laat dit 2 tot 4 uur in soutoplossing week (15 ml sout vir elke 3½ liter water).
  • Haal uit die soutoplossing, spoel die vrugte goed af en weeg dit.
  • Smeer die boom van ‘n konfytkastrol met botter of olie en pak die vrugte en die suiker in afwisselende lae daarin.
  • Gebruik 2,5 kg suiker vir 3 kg vrugte en voeg die sap van 1 suurlemoen by vir dieselfde gewig vrugte.
  • Voeg 250 ml tot 500 ml water by vir elke 3 kg vrugte.
  • Verhit dit stadig tot die suiker opgelos is en kook dan vinnig tot die vrugte deurskynend en helder is.
  • Na die eerste uur kan dit stadiger gekook word.
  • Skep dit in warm, gesteriliseerde bottels en verseël dit dadelik.
  • HEEL PERSKE KONFYT
  • Gebruik vir elke 2 kg perskes 1,5 kg witsuiker, 1,5 liter water en sap van 1 suulemoen.
  • Skil die perskes af en plaas in bak met soutwater.
  • Verhit die suiker en water tot kookpunt en roer totdat suiker op gelos is.
  • Voeg die perskes en suurlemoensap by en kook matig vinnig totdat die perskes deurskynend is, en die stroop dik is soos heuning.
  • Pak die perskes in jou flesse en vul met die stroop.
  • Verseël die konfyt dadelik.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page